Tuesday, February 7, 2017

207 (to B translated)

KINDERSTORIE

Tant Miena sit in die son op die stoep by die groen agterdeur. Die winter is op pad.

Haar breinaalde klik tik – klik tik – klik tik soos sy brei aan ‘n trui. Sy dink daar is so baie om te doen: groente skil, brood bak, huis skoonmaak, die hoenders kos gee. Sy is nogtans dankbaar vir al haar seeninge en die klein pensioentjie wat sy kry.

Vandag het sy egter baie goeie nuus ontvang. Die plaaslike supermark, dis nou die groot blink nuwe een daar naby “Skuldbult” aan die buitekant van die dorp het ‘n “special” aangekondig dat hulle vir die volgende jaar hul hoendereiers teen 50% afslag aan pensioenarisse gaan verskaf. Sy dink by haarself – “miskien moet ek maar van my paar hoendertjies ontslae raak, dit sal nou baie goedkoper wees as om hoenders aan te hou – die hoenderkos is so duur en dan moet ek nog vir Jonas, die man wat eenkeer ‘n week inkom om die hokke skoon te maak en die swaar werk te doen, betaal”. Daar bly maar min van die geldjies oor van al die beskuit wat sy bak en by die Saterdagmark verkoop. Die goedkoop eiers gaan haar baie help om 'n bietjie meer wins te maak…

“Jonas, ja ek is baie jammer, maar ek moet geld spaar vir Sanna – jy weet sy is my enigste kleinkind en haar ma, ja haar ma, ag toemaar…ek moet vir Sanna skoolgeld wegsit anders weet ek nie wat met haar gaan gebeur nie – jy weet sy is so slim en sy het nou begin met klavierlesse en dit kos ook geld – ek weet nie hoe ek gaan uitkom nie…” Sy word stil. “Jonas, volgende week is dan jou laaste dag, jy hoef nie meer hier kom werk nie. Jy kan maar af en toe ‘n draai maak en hoor of daar iets is wat jy in die tuin kan doen…”

Jonas suig aan 'n dooie pyp. Wat gaan hy nou maak, die geldjies wat hy verdien het, het darem 'n paar gaatjies toegestop. Hy draai om en loop stadig weg.

(Later die middag toe Mina sy koffie vir hom bring)

Dan skiet die idee hom te binne. Hy strompel oor sy woorde...

“Wat gaan Mevrou met die hoenderjies doen?”

Hy brabbel deurmekaar...

"Nee wat ek bedoel...", "...ek meen ek sal elke dag na hulle kom kyk. Ek sal voor werk en na werk hulle kom kos gee en versorg. Mevrou hoef niks te doen nie!”

“Slaghoenders, Mevrou weet mos daar in die lokasie betaal hull ekstra vir lewendige wit hoenders…”

“Nee eiers werk nie – daardie ‘discounts’ en ‘specials’ van die nuwe ‘Supermarket’ het die eierbesigheid ‘gekill’ – maar hulle sal nooit lewendige wit hoenders in hulle ‘smart’ skoon winkel cerkoop nie” se Jonas en hy lag so lekker dat ‘n mens sy kleintongetjie kan sien. Sy oe blink van opgewondenheid oor hierdie nuwe geleentheid wat oor sy pad gekom het.

VIR DIE OUER

Hierdie storie illustreer die gevolge van "goedkoop" invoere na Suid Afrika van ander lande soos China en elders. Die huidige hoenders wat sogenaamd "gestort" word is 'n voorbeeld. Goedkoop proteine is 'n geweldige verligting vir miljoene Suid-Afrikaners, maar sommige gaan nes Jonas hul werk verloor. Die oplossing is nie om die storting te verhoed nie, maar om diegene wat hul werk verloor 'n beter alternatief te bied. Daardie alternatief le in ekonomiese groei en entrepreneurskap. Invoere werk dieselfde as nuwe tegnologie - 'n mens verhoed nie tegnologiese vooruitgang om werk te beskerm nie - vragmotors het die ossewadrywer se werk vernietig.

Party mense meen dat die ingevoerde produk as gevolg van Staatsubsidies teen 'n prys laer as koste verkoop kan word en daarom onregverdige mededining is vir plaaslike produsente. Dit mag so wees - nes die supermark onregverdige lae pryse kan aanbied wat die plaaslike produksie mag vernietig; is dit 'n onaanvegbare feit dat miljoene verbruikers daaruit voordeel trek en dat daar niemand is om hulle kant te stel teenoor die eise van die unies en produsente nie. Goedkoop produkte (wat gestort word) moet gesien word as 'n geskenk van die ryker lande aan die armstes van die armes.

Die argument dat die uitvoerlande later hulle pryse opstoot nadat hulle die plaaslike industrie vernietig het hou ook nie water nie. Ja daar is sekere strukturele dinge en infrasruktuur wat verlore gaan - maar in essensie neem dit 28 dae van 'n eier tot 'n voel wat slaggereed is. Dit is die tyd wat sodanige ingevoerde produkte 'n plaaslike mark sal kan uitbuit. Mense met sulke argumente het nie veel vertroue in die vrye mark nie. Dis dieselfde as die Supermark in die storie - hull verkoop hul eiers aan pensioenarisse teen pryse wat miskien selfs laer is as hul aankoopprys as deel van hul sosiale verantwoordelikheid- en bemarkingstrategie. Hulle doen niks immoreel nie en die verbruiker baat daarby. Jonas verloor sy werk - dit behoort hom egter nie in die lewe te stuit nie - dit is die les van die kinderstorie - ondernemende optrede is nodig om dit wat om jou gebeur doeltreffend te hanteer.

Wat die storie egter nie vertel nie is toe Jonas die "Wit hoender" in sy agterplaas slag daag die gesonheidsinspekteur op en beboet hom R 2000. Dis hoekom Jonas nou 'n staatstoelaag moet ontvang. Die staatstoelaag word deur belastings gefinansier wat deur firmas betaal word - wat weer die firma se koste opjaag en maak dat hulle nie mededingend op die wereldmark kan kompeteer nie.

Dis ekonomiese vryheid wat nodig is om die armes te help is nie reels en regulasies en proteksionisme nie.

No comments:

Post a Comment